6 redes hoekom die Bybel waar is

Die visie van Geloofstroom is om vir kinders die Bybel te leer. Geloofstroom glo dat die Bybel die Woord van God is en dat kern vrae, byvoorbeeld die sin van die lewe, hoekom die wêreld lyk soos wat dit lyk, waar  kom ons vandaan, wat is ons doel in die lewe, vanuit die Bybel beantwoord moet word. Die groot vraag is dan: “Hoe weet ek die Bybel is waar?” Ons hou 6 redes voor. Natuurlik kan elkeen van hierdie redes in diepte bespreek word, maar ons kyk net vlugtig daarna.

1.  Jesus self gee gesag aan die Bybel. Lukas 24:27 is seker een van die belangrikste gedeeltes. Hier word gesê dat Jesus vanaf Moses tot die profete verwys om vir die Emmaus gangers te verduidelik hoekom Hy moes aarde toe kom, hoekom Hy moes sterf aan die kruis, dat Hy opgestaan het en wat gaan kom. Ons sien deur die evangelies dat Jesus baie na die Ou Testament verwys. Kyk bv ook na Lukas 4:14-30 waar Jesus uit Jesaja 61 lees en bevestig dat die Bybel die gesag het vanweë die profetiese rede. Meer hieroor in die 6de rede.

2. Die apostels en profete bevestig dat die Bybel is waar. In Joh 14:26 lees ons dat die Heilig Gees hulle onderrig in alles wat Jesus gedoen en geleer het. Handelinge 2 is ‘n kragtige voorbeeld waar Petrus preek. Het jy al ooit gewonder hoe dit moontlik was dat Petrus, ‘n visserman van beroep, só ‘n treffende preek kon gee en dan nog boonop net só uit Joël 2 kon aanhaal? En hoe is dit moontlik dat die apostels en ander skrywers van die Nuwe Testament meer as 25 jaar ná Jesus se hemelvaart só duidelik alles kon onthou en neerskryf? Ek kan nie eers alles onthou wat gister gebeur het nie?

3. Die Bybel bevat wetenskaplike feite wat eers duisende jare later ontdek is. Kom ons kyk net na Job, wat geleef het in die tyd van Abraham, 4,000 jaar gelede. Job vertel van die aarde wat om sy eie as draai, van diepsee strome en riviere en diere se migrasie patrone. Wetenskaplike feite wat eers duisende jare later uitgevind is.

4. Daar was ‘n argeoloog met die naam Ramsey van Brittanje wat op Paulus se sendingreise gegaan het soos in Handelinge opgeskryf. Hy wou bewys dit is nie waar nie. Hy het byvoorbeeld Tessalonika opgegrawe en besef dat dit wat in Handelinge staan waar is. Selfs die naam Epikureërs wat in Hand 17:18 genoem word was op van die kliptafels gevind.


5. Daar is ‘n oormaat van manuskripte van die Bybel. Ons praat van 25,000 teenoor miskien 5 of 6 van ander antieke manuskripte.

6. Het jy geweet dat geen ander geloof geskrif, byvoorbeeld die Koran, profesie bevat nie? Die Bybel is volop profesie. Kyk maar net na Jes 53. En nog vele ander gedeeltes uit Genesis 3, 12, 49 en dan profete soos Jer 23, Miga 5, Maleagi 3 en Dan 9. En meer nog, hierdie profesieë is en word vervul. Kyk maar na Jes 53 wat profeteer dat die lyndende Dienaar Jesus van Nasaret is. Kyk ook na Daniël 9:25-26 wat praat van die Messias wat in 33 na Christus doodgemaak Sal word.

Verwante Artikels & Video's