Kan ons kinders leer hoe om hulle emosies te hanteer vanuit die Bybel. Hier is 8 riglyne. Leer en sê Bybelverse hardop want volgens Ef 6:17 is daar krag in God se Woord. Sing lofprysingsliedere gebaseer op verse in die Bybel. Volgens Spr 17:22 is ‘n vrolike mens, ‘n gesonde mens. Skryf neer hoe jy voel in gebed format. Ps 121 is maar een voorbeeld van hoe Dawid gevoel en gebid het. Dink anders soos wat Romeine 12:1-2 sê ons moet God toelaat om ons gedagtes nuut te maak.  Ons emosies volg ons gedagtes en wat ons glo.  Praat met iemand wat jy vertrou oor jou gedagtes en hoe jy voel.  Gal: 6:2 sê ons moet vir mekaar lief wees en mekaar se laste dra. Doen iets aktiefs wat jou lekker laat voel.  Oefening, dans of sport stel endorfiene vry in jou brein, wat jou lekker laat voel.  1 Kor 6:19-20 sê die Heilige Gees woon binne ons liggame en dat ons God met ons liggame moet verheerlik. Wees dankbaar.  Vir elke negatiewe gedagte, probeer dink aan minstens 3 dinge waaroor jy kan dankbaar en bly wees.  Gaan doen sommer iets goed vir iemand anders uit dankbaarheid, al voel jy nie so nie.  Dit is ‘n opdrag van God om dankbaar te wees volgens Kol 3:15. Dan, die belangrikste: Hou vas aan jou geloof en die wete dat God goed is, lief vir jou is, kan genees, jou verlos het, en sal voorsien.  Staan die duiwel tee.  Doen wat nodig is om te groei in geloof.  Lees die Bybel. Gaan kerk toe. Bid. Praat met ander gelowiges.  Lees Heb 11 oor die Bybelse geloofshelde.  Hul het aanhou doen wat reg is, al was hul emosies en gedagtes soms negatief, want hul het geglo. 

Verwante Artikels & Video's