Dit is onafwendbaar dat ons kinders in hierdie tye baie intimideer word deur wat om ons aan die gang is. Kyk maar net wat het in Julie afgespeel kort na die instelling van grendelvlak 4. Geen mens sou kon dink dat ons na televisie skerms sou kyk en sien hoe groot dele van die land aan die brand is nie. Elke kind het gekyk na inkopiesentrums wat in swart rook opgaan. Bring die dreigende COVID virus se impak wat elkeen van ons direk of inderek raak, dan is dit ‘n sekere resep vir baie kinders om oorvloei te word met angstigheid. Hoe help ek my kind om hierdie omstandighede te hanteer? As ouer is ek self wankelrig in my geloof. Ons leer by Dawid hoe om ‘n situasie oorweldigende bangwees te hanteer. Hoeveel van sy Psalms getuig van tye van baie vrees en onsekerheid. Kyk maar net na Psalm 13. Interessant hoe die “gebed” begin in ‘n totale laagte punt en dan eindig met total vertroue op die Here, ongeag omstandighede. Maar daar is ‘n struktuur in Psalm 13. Om by vertroue in die Here uit te kom, gaan Dawid eers deur ‘n proses van ‘n deeglike beskrywing van sy vrees en moedeloosheid voor God. En dan eers is Dawid in ‘n posisie om alle vertroue aan God oor te gee. Kom ons leer ons kinders om dieselfde te doen. Ons mag maar erken dat ons oorweldig voel. Ons mag maar erken wat in ons emosies aangaan. Soos Philip Yancey op ‘n stadium genome het: “Ek het respek vir ‘n God wat nie net toelaat dat ek my hart voor hom kan uitstort nie, maar vir my ook die woorde daarvoor gee – kyk maar na Psalms, Klaagliedere, ens.” Kom ons leer ons kinders dat ons met ons hele vrees en moedeloosheid na God toe kan gaan. Kom ons leer ons kinders om dan sodoende God se almag te herken en Hom dan ten volle te vertrou.