Bepalings & Voorwaardes

Hierdie webwerf is saamgestel en behoort aan Geloofstroom NPC Reg no: 2021/374836/08.

1. Aanvaarding van bepalings

Deur hierdie webwerf te gebruik, stem jy in tot hierdie Bepalings en Voorwaardes. Indien jy nie hiermee saamstem nie, moet jy asseblief nie die webwerf gebruik nie.

2. Doel van die webwerf

Geloofstroom bied inhoud aan oor die Bybel en bedieningsaktiwiteite. Die webwerf is slegs vir inligting en bedieningsdoeleindes.

3. Intellektuele eiendom

Alle inhoud op hierdie webwerf, insluitend teks, video’s, materiaal en ontwerpe is onderhewig aan outeursregbeskerming en is die eiendom van Geloofstroom, tensy anders aangedui. Tensy uitdruklik anders aangedui word, mag jy ons materiaal gratis gebruik en deel vir die doeleindes waarvoor dit geskep en aangedui is. Geloofstroom of die aanbieders moet net aangedui word as die outeurs.

Jy erken dat die naam GELOOFSTROOM en die logo ons geregistreerde handelsmerk is en nie onregmatig gebruik mag word nie.

Jy erken ook ons ekslusiewe regte van GELOOFSTROOM in domein name te gebruik en registreer in enige land.

4. Derdeparty-webwerwe en skakels

Hierdie webwerf kan skakels bevat na derdeparty-webwerwe of platforms bevat (insluitend sosiale media of ander inhoudsplatforms).
Ons sal ons bes doen om noukeurig te kies na wie ons webwerf skakel, maar Geloofstroom het geen beheer oor hierdie webwerwe nie en aanvaar geen verantwoordelikheid vir:

  • hul inhoud
  • privaatheidspraktyke
  • beskikbaarheid
  • of enige verlies of skade wat mag ontstaan deur gebruik daarvan nie

Gebruik van derdeparty-webwerwe is geheel en al op eie risiko.

5. Betalings en donasies

Indien jy enige betalings of donasies maak via eksterne betalingsplatforms (bv. EFT-providers, kaartverwerkers of digitale betaaloplossings), word hierdie dienste deur derdepartye verskaf en het Geloofstroom geen beheer of toegang daaroor nie.

Geloofstroom:

  • aanvaar geen verantwoordelikheid vir tegniese foute of onderbrekings van betalingsplatforms nie
  • waarborg nie dat derdeparty-dienste altyd beskikbaar of foutloos sal wees nie
  • aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlies of skade as gevolg van die gebruik van sulke platforms nie


Alle betalings word gemaak op eie risiko, onderhewig aan die bepalings van die betrokke diensverskaffer.

6. POPIA (Protection of Personal Information Act)

Geloofstroom respekteer jou privaatheid en is daartoe verbind om jou persoonlike inligting te beskerm in ooreenstemming met die Protection of Personal Information Act 4 of 2013 (POPIA).

Enige persoonlike inligting wat deur hierdie webwerf ingesamel word (bv. via kontakvorms of inskrywings):

  • word slegs gebruik vir die doel waarvoor dit verskaf is
  • sal nie verkoop of onregmatig gedeel word nie
  • kan met vertroude diensverskaffers gedeel word waar dit nodig is vir webwerf-funksionaliteit (bv. e-pos of hosting dienste), onder toepaslike vertroulikheid


Jy het die reg om toegang tot jou persoonlike inligting te versoek of versoek dat dit reggestel of verwyder word.

7. Wysigings

Geloofstroom behou die reg voor om hierdie Bepalings en Voorwaardes van tyd tot tyd te wysig. Wysigings sal op hierdie bladsy gepubliseer word en tree onmiddellik in werking.

8. Kontakbesonderhede

Vir enige vrae oor hierdie Bepalings en Voorwaardes, kontak info@geloofstroom.org.