Ek ontvang ‘n vraag van ‘n person so ‘n paar maande terug wat vra hoe sy haar kleinkind kan leer oor Jesus. Klein kinders aanvaar en luister as mens met hulle praat oor Jesus, maar mens wonder altyd of the konsep regtig posgevat het? Menige ouer en groot ouer sit met hierdie vraag. Dit is belangrik om die konsep van God drie enig met ons kinders te deel. In der waarheid is dit elke ouer se doop belofte om die verantwoordelikheid van Matteus 28:19 op te neem – heel eerste in die huis. As ek na die Hebreër preek kyk, (vergelyk Hebreërs 5 en 6), dan is dit ook die opdrag aan elke gelowige om voortdurend te groei in ons geloof. En dit geld vir ons kinders ook. Maar as ouers (of dan dissipels in ons eie huise) met verantwoordelikheid die onderrig taak opneem in voeling met onderrig wetenskap. Dit beteken dat ons die relevante en wetenskap getoetsde onderrig tegnieke eie aan verskillende ouderdoms groepe moet gebruik. Dieselfde geld vir Bybel onderrig. Om dus terug te kom na die vraag van die groot ouer rakende die kleinkind, wat in die kleuter groep is: vir hierdie groep is storie vertelling ‘n baie gepaste Bybel onderrig metode. So as dit by die proses kom waar jy die kleuter aan Jesus wil voorstel, volg die storie vertelling onderrig tegniek, binne die konteks van die oorkoepelende boodskap van die Bybel. Dit beteken dat jy moet begin by die begin – Genesis – en van die begin af die pad saam met die kleuter deur die Bybel stap – in vertellende formaat. Dit geld tog vir ons almal. Ons moet deur die Bybel werk, van Genesis tot Openbaring, om die God van die Bybel mee kennis te maak en meer nog: ‘n verhoudig met Hom te bou. Hoe begin dit? Deur van kindsbeen af vir hulle te vertel wat gebeur het in die lewens van die mense in die Bybel en deur dit, hoe mens die God van die Bybel leer ken. Vir die res van die jaar se publikasies gaan ons na grepe uit die Bybel se stories en hoe ons dit kan gebruik om kinders van kleuter to vroeë laerskool met die God van die Bybel kennis maak.