Geloofstroom is ‘n vrolike, inter-kerklike jeugselgroep wat begin is deur die De Kock gesin by hul huis in Midstream. Geloofstroom is begin na ‘n swaar tyd in 2017 waarin die De Kock gesin hul swaer (39 jaar) verloor het aan melanoomkanker, hul oudste dogter (toe 11 jaar) in ‘n perdryongeluk was en twee operasies moes kry, hul jongste hondjie skielik uitgesit moes word, hul substantiewe verbeteringe aan hul huis laat doen het terwyl hul al vier in een kamer in hul huis moes bly, die pa deur ‘n rugoperasie moes gaan, en die ma deur in ‘n loopbaantransissie. Terugskouend is hierdie gebeure bloot gewone uitdagings van die lewe, maar dit was die sameloop van hierdie gebeure in ‘n kort tyd wat ons gesin veral uitgedaag het.
Te midde van die traumatiese en hartseer tyd wou pa en ma kinders opbeur en leer om aan Jesus Christus vas te hou, meer as ooit, al kom daar storms, en al gebeur daar dinge wat ons nie verstaan nie. Met ma wat toe meer voltyds gewerk het nie, en finansiële bydraes minder was, het ons gewonder wat kan ons meer vir die Here gee? Ons het ervaar dat die Here antwoord: “net wat in jou hand is”. Ons het besef dat ons opgeknapte huis, motorhuise, tyd, en idees hoe om ons kinders meer te leer van die Bybel, alles geskenke is, en meer as genoeg is om te deel. Ons God kan vyf vissies en twee broodjies vat en dit vermeerder.
Die eerste Geloofstroom byeenkoms was in Augustus 2017 by ons huis. Tussen 30-50 maats woon dit een Vrydagaand in ‘n maand by. Ons is in verwondering hoe die Here iets moois kon skep uit as, en soveel vreugde en groei kan bring na ‘n swaartyd. Met die bewustheid van ander maats en ouers wat deur baie swaarder tye gaan as ons, is dit ons gebed dat Geloofstroom kinders en tieners sal bemoedig, sodat hul sterker kan wees vir lewensstorms.
Geloofstroom het ontstaan uit die behoefte van twee ouers wat die pad van God leer ken saam met hulle twee dogters wou stap. Deur God se wonderbaarlike skeppingskrag en voorsiening is die De Kock gesin se huis omskep in ‘n vrolike