In hierdie episode van Geloofstroom Apologetiek, gesels Leon en Dr Herman oor ‘n vraag wat dikwels opduik: Het die Bybel foute? Hulle bespreek die oorspronklike geskrifte en die rol van die Heilige Gees in die inspirasie daarvan. Verder verduidelik hulle hoe die verskillende manuskripe oor tyd heen vergelyk is om die akkuraatheid van die Bybel te bevestig.
00:00 Intro
00:13 Die Heilige Gees en Inspirasie
01:00 Het die Bybel Foute?
01:36 Oorspronklike Geskrifte en Manuskripte
03:06 Noemenswaardige Variasies
04:38 Die Bybel as Onfeilbare Woord
Aanbieders: Herman de Kock en Ds Leon Geel. Ds Leon Geel is hoofprediker by Midstream Familiekerk, Gauteng. Stuur jou vrae na info@geloofstroom.org