Hoe kan Jesus God wees as Hy mens ook was?

Ons is weer in die tyd van die jaar waar ons dink aan Jesus wat mens geword het en tussen die mense kom woon en leef het op aarde. Hierdie is die narratief van die Kersfees gebeure en daar is sleutel begrippe vir ons teologie onderliggend in die “mensword“ term. ‘n Stelling wat jou kind veral in hierdie tyd gekonfronteer kan word is: “As Jesus regtig God is, hoe was dit moontlik dat Hy ook mens kon wees?“ Om hierdie konfrontasie te hanteer, help jou kind om sommer dadelik na Filippense 2:6 te verwys. Die punt wat Paulus daar maak is dat Jesus regtig God was. Maar die belangrike ding hier is dat Jesus in sy Goddelikheid besluit het om Homself binne die beperkinge van ‘n menslike liggaam te plaas. As die Seun van God, die Woord van God, is Hy regtig God. Maar hier is die wonderlike ding; Hy het toegelaat om self mens te word. Die Christian Standard Bible vertaal Filippense 2:6 tot 7 soos volg: “(Christ Jesus) existing in die form of God, did not consider equality with God as something to be exploited. Instead he emptied himself by assuming the form of a servant, taking on the likeness of humanity. And when he had come as a man.” En kyk na die res van daardie woorde van Paulus. Ons lees dat God dan Jesus verhewe tot die hoogste posisie en aan Hom die Naam gegee het wat belangriker is as elke ander naam. En dan sal by die noem van hierdie Naam almal erken en bely dat Jesus die Here is. Dit sluit weer aan by Openbaring 20. Die belangrikste wat ons hier moet raaksien, en dit is een van die grootste verskille tussen die Christen geloof en alle ander gelowe, is dat ons hier met ‘n God te make het wat na die mens toe kom, sodat die mens by  God kan uitkom. In al die ander gelowe of wêreld sieninge is daar die eis op die mens om by God (of wat hulle ookal sien as ‘n staat van goddelikheid) uit te kom. As jy ooit wonder of God enigsens verstaan waardeur jy gaan, Hy doen. Hierdie gesprek bevestig dit. So ten slotte: die Skepper God wat alles gemaak het en alles kan doen, het die besluit geneem om Homself binne die beperkinge van die mensdom binne hierdie vervalle wereld te plaas, sonder om toe te laat dat die vervallenheid en opstandigheid teenoor God (die sonde) Hom infiltreer, maar eerder Sy heilige menswees prys te gee sodat almal wat glo ten spyte van hul vervalle mensheid toegelaat te word in die teenwoordigheid van die heilige hemelse Vader.

Verwante Artikels & Video's