Ek lees in dele van die Ou Testament soos in Josua dat God opdrag gegee het dat almal in ‘n stad, soos Jerigo, dood gemaak moet word. Daar is ook ‘n voorbeeld in Esegiel 9 waar God die opdrag gee dat almal, selfs jonk en oud, dogters en kindertjies, dood gemaak moet word. Hoe kan julle so ‘n God dien? In die geval van Jerigo lees ons in Josua 6 dat nie almal dood gemaak is nie. Ragab en haar gesin is gered. Wat ook interessant is, is dat Ragab, ‘n prostituut in Kanaan onder ‘n nasie wat nie Israeliete is nie, geweet het van die God van die Israeliete en wat Hy vir hulle in Egipte en deur die Rooi see gedoen het. En nou is dit 40 jaar later! Wat se dit vir ons; ander nasies het geleentheid gehad om tot God te bekeer en nie meer hul eie afgode te dien nie. Dit ‘n gesprek vir ‘n ander keer. En dan kom ons by Esegiel 9. Nou net om meer konteks hier te gee. As jy hierdie gedeelte in Esegiel 9 gaan uitle, dan sien jy dat dit beeldspraak is wat die Here gebruik om aan te dui wat in die toekoms met die volk gaan gebeur wanneer Nebukadnesar Jerusalem vernietig. Maar die belangrike hier is dat ons lees dat die mense wat ‘n merk op hulle voorkop het, in hierdie geval beeldspraak vir hulle wat in God glo en Hom dien, gespaar word. Om dit finaal te antwoord moet ons na Eksodus 20 toe. Daar, en ook in ander dele in die Bybel, maak God dit duidelik dat, indien daar toegelaat word dat sonde en verwerping van God die gemeenskap infiltreer, sy straf konsekwent en sonder diskriminasie sal wees. So in die geval van Jerigo, het tot die prostitute geweet van die God van Israel, tog het ‘n hele stad gekies om hulle nie tot Hom te bekeer nie. Was daardie stad se mense onskuldig? Ons het mos nou al daaroor gepraat – niemand is onskuldig van oortredinge nie. Wat het gemaak dat Ragab en haar gesin dan gespaar is? Verseker nie hulle skoon rekord nie. Maar Ragab se geloof in God. Jy sien Leon, ons moet versigtig wees om kriteria soos ouderdom, onkunde, ensovoorts voor te hou. Die moment wat ons dit doen, impliseer ons dat Jesus se offer aan die kruis nie vir alle omstandighede en vir almal geld nie. Dit is menslik om uit te roep, maar dit is kindertjies! Esegiel doen dieselfde as hy sien wat gebeur in hoofstuk 9. Maar dan gee God vir hom die antwoord dat Hy wat God is sien dinge wanneer ‘n stad wat verskriklike dinge doen, soos babatjies offer, ding Hy sien dit nie. En Hy sien ook in die toekoms wat daardie siele wat nou nog jonk is gaan doen. God sien dinge en tye wat ons nie sien nie. God weet wie Hom gaan dien. God weet wie na Jesus om redding gaan roep. Jy sien, ons oordeel op ‘n plek in tyd, maar God oordeel oor die spektrum van ‘n leeftyd. En een ding is seker, die sonde sal verbrand word in God se teenwoordigheid. As dit jou steeds pla, vra jouself die vraag van die ander kant af. Hoekom sou Jesus iemand wat ‘n misdadiger was, en aan ‘n kruis hang langs Hom, red? Werk dit nie beide kante toe nie? Ek meen, as jy wil he God moet uitsonderings maak, vir redes soos ouderdom, of onkunde, of enige ander rede, let wel, vanuit jou perspektief, wel dan het ons te make met ‘n God wat uitsonderings maak. En as ons ‘n God het wat uitsonderings maak. Hoe gemaklik kan ons wees wat ons vertroue ten volle in Jesus geplaas het? Dan kon God dalk gese het, nee wat, Lot was nie committed genoeg om uit Sodom te vlug nie, of, nee wat, Ragab is darem ‘n prostituut van alle mense! Nee, dit is darem te erg om gered te word? Dan sou God kon redeneer, Ragab het nou wel geglo, maar sy is afterall ‘n prostituut! Dit is darem te erg? Hoe seker kan jy wees dat God nie gaan dieselfde se oor jou track rekord en jou uit die reddingsgenade smyt nie. Hier is die punt: As God nie volmaak, perfek en konsekwent is in sy oordeel nie, hoe kan Hy dan volmaak, perfek en konsekwent wees in Sy genade? As God nie sy Woord hou teenoor die ongelowiges nie, hoe kan ons dan Hom vertrou dat Hy sy Woord gaan hou vir ons wat ons vertroue in Hom plaas? Onthou, almal het gesondig, daar is niemand wat ‘n skoon track rekord het nie. Niemand nie. Ons moet uitkom by die God wat bestaan – die God van die Bybel. Nie die god wat ons volgens ons voorkeure fabriseer nie. En die God van die Bybel is die God wat oneindig is in Sy genade, soveel so dat Hy sy eie Seun opgeoffer het. En daardie selfde God van die Bybel is ook perfek in sy oordeel, sy insig en sy vooruitsig in wie Hom gaan verwerp – en die uiteinde van verwerping van God is die dood en die tweede dood – ongeag jou ouderdom.