In hierdie episode van Geloofstroom Apologetiek bespreek Leon en Dr Herman die belangrike vraag: Hoe maak ‘n mens seker dat jy die Bybel reg verstaan en lees? Hulle deel vier sleutelpunte om jou te help om verantwoordelik met die Bybel om te gaan, insluitend die belangrikheid van die grondtekst, die sosio-historiese konteks, en die skrywer se agtergrond.
00:00 Intro
00:13 Die Vraag: Hoe Verstaan Ons Die Bybel?
01:30 Die Grondtekst Verstaan
02:12 Die Omgewing en Konteks
03:09 Voorbeeld: Haie en Bille
03:49 Die Skrywer se Agtergrond
04:42 Die Bybel as ‘n Geheel
Aanbieders: Herman de Kock en Ds Leon Geel. Ds Leon Geel is hoofprediker by Midstream Familiekerk, Gauteng. Stuur gerus jou vrae na info@geloofstroom.org.