In hierdie episode van Geloofstroom Apologetiek bespreek Leon en Dr Herman die belangrike vraag: Hoe weet ons dat God met ons praat? Hulle ondersoek die gevare van subjektiewe gevoelens en die noodsaaklikheid om alles aan die Bybel te toets. Dr Herman verduidelik hoe ons geloof gebaseer moet wees op die geskrewe Woord en nie net op persoonlike ervarings nie.
00:00 Intro
00:11 Die Vraag: Hoe Weet Ek God Praat?
01:24 Gevaar van Subjektiewe Gevoelens
02:37 Die Bybel as Grondslag
03:40 Voorbeeld uit Matthéüs
04:11 Justin Peters se Waarskuwing
Aanbieders: Herman de Kock en Ds Leon Geel. Ds Leon Geel is hoofprediker by Midstream Familiekerk, Gauteng. Het jy vrae? Kontak ons by info@geloofstroom.org