Indien jou kind nog nie vertel het dat maats hom spot omdat hy die Bybel nog glo, dit gaan kom. Hoe gemaak met die argument dat die Bybel ‘n irrelevante, tydgebonde boek is? Jy kan jou kind so help: Beide 1 Korintiërs 2:12 tot 13 en 2 Timoteus 3:16 tot 17 dien as bewyse dat die Bybel nie net ‘n proses is waar skrywers konsepte van God in hulle eie woorde kommunikeer het nie. Dit bevestig dat die Bybel woord vir woord, ja, in die fynste detail deur God inspireer is. ‘n Verdere teks wat hierdie argument staaf is 2 Petrus 1:21 waar Petrus dit duidelik maak dat God met die verskillende persoonlikhede en skryfstyle van mense gewerk het om elke woord te inspireer. Maar watter bewyse het ons? Kom ons kyk net na die volgende. Profesieë wat realiteit geword het. Daar is meer as 300 keer in die Ou Testament wat die eerste koms van Jesus Christus profeteer word. En hierdie manuskripte is lank voor die geboorte van Jesus uit die maagd Maria geskryf. Die Bybel was geskryf deur ongeveer 40 skrywers oor 1,600 jaar oor 3 verskillende kontinente sonder enige weerspreking, ten spyte van uiteenloopenheid in die vorm van tyd, persoonlikheid en geografie. Die Bybel hou nie helde voor as foutloos, soos wat ons in ander gelowe se geskrifte sien nie. Ons kan maar net na Dawid se verhaal kyk. Tog word Dawid ‘n man na God se hart genoem in 1 Samuel 13:14. Hierdie punt opsigself sluit weer aan by die sentrale tema van die Bybel, naamlik God wat na die mens in sy sonde gemors uitreik en hom deel maak van Sy groot plan. Daar is talle argeologiese bewyse dat dit wat in die Bybel geskryf is, waar is. Hoeveel keer sien ons dat ‘n wetenskaplike argument poog om die Bybel verkeerd te bewys, net om later op grond van ‘n volledige verstaan van die teks in die Bybel te besef dat die wetenskaplike teorie korrigeer moet word. Kyk maar net na Jesaja 40:22 – terwyl daar wetenskaplik gemotiveerde opinies vir ‘n lang tyd was dat die aarde plat is, het Jesaja 40:22 al genoem dat die aarde rond is.