In hierdie episode van Geloofstroom Apologetiek ondersoek ons die bewering dat Jesus se verhaal slegs ‘n kopie is van ander antieke mites. Dr Herman neem ons deur die geskiedenis en wys hoe die ooreenkomste tussen die Christelike geloof en die Mithra-mite geforseer is. Hy verduidelik ook hoe ‘n deeglike studie van die Bybel ‘n ryker en meer omvattende beeld van Jesus bied.
00:00 Intro
00:13 Welkom en Inleiding
01:03 Die Stelling: Jesus as ‘n Kopie
02:12 Mithra en Ooreenkomste
03:05 Die Chronologie van Mites
04:00 Die Bybel se Volledige Beeld van Jesus
Aanbieders: Herman de Kock en Ds Leon Geel. Ds Leon Geel is hoofprediker by Midstream Familiekerk, Gauteng. Stuur gerus jou vrae na info@geloofstroom.org.