- Bybelgetroue onderrig
- Prakties
- Toepaslik
- Eg
Nooi Herman
as Spreker
Dankie dat jy dit oorweeg om Herman de Kock te nooi vir prediking en bediening.

NG Prediker
Geregistreer en gelegitimeer

Werkswinkels
Ervare spreker en fasiliteerder

Radio & TV Ervaring
Media opleiding en ondervinding

Bybelonderrig
Passie vir die Woord en praktiese toepassing

Apologetiek
Antwoorde vir geloofsvrae en sekerheid in geloof

Leierskap
Strategiese leier en mensbestuur
- Teologiese Opleiding
- Ervare Spreker
- Apologetiek & Bybelonderrig
- Leierskap
OOR HERMAN DE KOCK
Herman het ’n teologiese agtergrond en is gelegitimeer as NG prediker. Hy het oor baie jare sy bediening as tentmaker uitgeleef terwyl hy ’n voltydse loopbaan in die bankwese gevolg het, waar hy as nasionale bankier, koöperatiewe leier en senior bestuurder gedien het.
Sy akademiese kwalifikasies sluit in BA (Algemeen), Honneursgrade in Grieks en Politieke Wetenskap, ’n BD in Teologie, asook ’n MA in Politieke Wetenskap en ’n MBA (Heriot-Watt Universiteit).
Hy is ‘n ervare leier wat verkies om groepe toe te spreek, werkswinkels te fasiliteer, gesprekke of onderhoude te lei. Hy het media opleiding en ervaring in radio en televisie onderhoude. Hy het spesiale kennis as strategiese beplanner en mensbestuurder.
Herman het ’n besondere passie vir Bybelonderrig en apologetiek en het reeds op uitnodiging in verskeie gemeentes gepreek. Hy publiseer ook artikels in JUIG! Tydskrif sedert met artikels wat gelowiges en ouers help om die Bybel prakties toe te pas.
In 2026 het hy die oortuiging ontvang om meer tyd aan bediening en teologiese studie te wy as leier van Geloofstroom NPC Reg no: 2021/374836/08.
- Teologiese Opleiding
- Ervare Spreker
- Apologetiek & Bybelonderrig
- Leierskap
Temas waaroor Herman kan bedien
Herman se bediening fokus op Bybelgetroue onderrig wat prakties toegepas kan word.
Onderwerpe sluit onder andere in:
Geloof in die besigheidswêreld
Leierskap vanuit ’n Bybelse perspektief
Identiteit in Christus
Geloofsvrae en apologetiek
Hoe om die Bybel te verstaan en toe te pas
Ouerskap en geloofsvorming in die huis
Groei in geloof en dissipelskap
Pinkster
- Indien daar ’n spesifieke tema of behoefte is, werk hy graag saam met julle om dit voor te berei.
Nooi Herman om by julle te bedien
Kennis begin met die dien van die Here, dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.
Spreuke 1:7
Voltooi asseblief die vorm hieronder, en ons sal met jou in verbinding tree:
Kennis begin met die dien van die Here, dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.