Nooi Herman
as Spreker

Dankie dat jy dit oorweeg om Herman de Kock te nooi vir prediking, fasilitering of Woordbediening.

Leierskap

Strategiese leier en mensbestuur

Werkswinkels

Ervare spreker en fasiliteerder

Radio & TV Ervaring

Media opleiding en ondervinding

Bybelonderrig

Passie vir die Woord en praktiese toepassing

Apologetiek

Antwoorde vir geloofsvrae en sekerheid in geloof

TEOLOOG

Akademies gekwalifiseerd en voornemende doktorale student

OOR HERMAN DE KOCK

Herman het ’n teologiese agtergrond en is gelegitimeer as prediker in 1998. Hy het sy bediening uitgeleef in sy gesin en werksomgewing, terwyl hy vir meer as 24 jaar ’n voltydse loopbaan in die bankwese gevolg het, as senior bestuurder en koöperatiewe leier.

Sy akademiese kwalifikasies sluit in BA (Algemeen), Honneursgrade in Grieks en Politieke Wetenskap, ’n BD in Teologie, asook ’n MA in Politieke Wetenskap en ’n MBA (Heriot-Watt Universiteit).

Hy is ‘n ervare leier wat verkies om groepe toe te spreek, werkswinkels te fasiliteer, gesprekke of onderhoude te lei. Hy het media opleiding en ervaring in radio en televisie onderhoude. Hy het spesiale kennis as strategiese beplanner en mensbestuurder.

Herman het ’n besondere passie vir Bybelonderrig en apologetiek en het reeds op uitnodiging in verskeie gemeentes gepreek. Hy publiseer ook artikels in JUIG! Tydskrif sedert met artikels wat gelowiges en ouers help om die Bybel prakties toe te pas.

In 2026 het hy die oortuiging ontvang om meer tyd aan bediening en teologiese studie te wy as leier van Geloofstroom NPC Reg no: 2021/374836/08.

Temas waaroor Herman kan bedien

Herman se bediening fokus op Bybelgetroue onderrig wat prakties toegepas kan word.

Onderwerpe sluit onder andere in:

Geloof in die besigheidswêreld

Leierskap vanuit ’n Bybelse perspektief

Identiteit in Christus

Geloofsvrae en apologetiek

Hoe om die Bybel te verstaan en toe te pas

Ouerskap en geloofsvorming in die huis

Groei in geloof en dissipelskap

Pinkster

Nooi Herman om by julle te bedien

Kennis begin met die dien van die Here, dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.

Spreuke 1:7

Voltooi asseblief die vorm hieronder, en ons sal met jou in verbinding tree:

Nooi Herman

Kennis begin met die dien van die Here, dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag.

Spreuke 1:7