Oor Geloofstroom se storie & span

Ons wil behulpsaam wees met Bybelonderrig en om die Goeie Nuus van Jesus Christus te versprei.

Wie is Geloofstroom?

Geloofstroom is ’n geregistreerde nie-winsgewende maatskappy, onder leiding van Herman de Kock. Ons fokus om, tot die beste van ons vermoë en in afhanklikheid van die Here, Bybelgetroue inhoud en ad hoc impaksgeleenthede te skep en deel, met die doel om soekendes, gelowiges en leergieriges te ondersteun en versterk binne ‘n inter-kerklike konteks.

Ons doen dit in nederigheid, bewus daarvan dat ons self steeds leer en groei, en dat ons begrip altyd ondergeskik bly aan die Woord van God en leiding van die Heilige Gees. Ons verlang om self nader aan Christus te leef en Hom getrou te volg. Ons loop graag die pad Huistoe saam met ander.

Alhoewel die De Kock-gesin die kernspan vorm van Geloofstroom is ons dankbaar en verwelkom Geloofstroom ondersteuning en betrokkenheid van ander gelowige vrywillige mede-werkers. Ons staan in bediening sáám met ander gelowiges en ons eie gemeentes.

Ons Span

Die De Kock-Gesin

'n Gesin wat dien

Liefde vir die Woord

Groei in geloof, leef uit genade

'n Hart vir mense

Ons Storie

2017
2020
2020+
2021
2025
2026+
'n Klein Begin

'n Selgroep vir laerskool-kinders by die De Kock-gesin se huis in Midstream, Gauteng nadat Emmie haar regspraktyk verkoop het. Maandelikse byeenkomste met Bybellesse en aktiwiteite saam.

Digitale Bediening

Tydens Covid skuif Geloofstroom aanlyn. Fokus brei uit na jongmense en ouers. Meer as 140 geloofsgesprekke met Ds Leon Geel word opgeneem en aanlyn gedeel.

Skryf & Deel

Sedert 2020 skryf Herman ook maandeliks vir JUIG! Tydskrif artikels wat ouers ondersteun in Bybelonderrig en geloofsvorming binne die huisgesin.

Nuwe Tuiste

Die De Kock-gesin verhuis in Desember 2021 van Gauteng na George in die Wes-Kaap. Geloofstroom gaan voort as 'n digitale en projekgebaseerde bediening.

Terug na Kinders

Geloofstroom loods weer 'n in-persoon vakansieprogram vir kinders 8 - 12 jaar, saam met jongmense as groepleiers.

Nuwe Seisoen

Herman beëindig sy voltydse loopbaan in die bankwese om meer tyd te gee aan teologies studie en bediening onder Geloofstroom. 

Ons Fondasie

Ons vind dit behulpsaam om vooraf kortliks die fondasie van ons wêreldbeskouing en basiese geloof te deel. Ons voel ons kan baie hierop uitbrei, maar hou dit verkort om ‘n vinnig oorsig te gee hoe ons sekere temas benader.