In hierdie episode van Geloofstroom Apologetiek bespreek Leon en Dr Herman die uitdagende vraag of twyfel in jou geloof ‘n sonde is. Hulle ondersoek die verskil tussen twyfel, ongeloof en ‘n gebrek aan geloof, en bied bemoediging aan diegene wat met hierdie kwessies worstel.
00:00 Intro
00:13 Die Vraag oor Twyfel
01:06 Twyfel vs Ongeloof
02:01 Gebrek aan Geloof
02:21 Wat is Twyfel?
03:20 Hantering van Twyfel
Aanbieders: Herman de Kock en Ds Leon Geel. Ds Leon Geel is hoofprediker by Midstream Familiekerk, Gauteng. Stuur gerus jou vrae na info@geloofstroom.org