- SING
- Speel
- Kuier
- Leer van die Bybel
Geloofstroom Vakansieprogram
Ons nooi jong maats uit na ons Junie/Julie-vakansieprogram in George!
Ons het begrip dat Bybelonderrig nie meer as ‘n skoolvak aangebied word nie en dat besige gelowige ouers oorweldig kan voel om kinders Bybelgeletterd te kry.
Kinders is kosbaar vir die Here en ons hoop die VAKANSIEPROGRAM maak hul lief om die Bybel te lees, Bybelstories te leer en te oefen om teksversies op te soek.
Ons is opgeleide en ervare jeugwerkers van ‘n inter-kerklike nie-winsgewinde bediening wat sedert 2017 ouers en gemeentes bystaan met Bybelonderrig vir jong maats op ‘n speel-en-pret manier.
Ons nooi jong maats uit na ons Junie/Julie-vakansieprogram in George!
Ons gaan saam sing, speel, kuier en van die Bybel leer.
- 8-12 jariges (Maks 50 maats)
- Maandag, 29 Junie – Vrydag, 3 Julie 2026
- 8h00-13h00 (Formele program begin 9h00)
- George Vryburgers Omgeemense Gebou in York Straat
- R250 per kind vir week (vir verversings en hulpmiddels)
- RSVP: 19 Junie 2026
Voltooi per kind wat gaan bywoon:
Addisionele Inligting
- Elke kind bring saam eie papier Bybel, penne en koukies of potlode.
- Ander hulpmiddels en iets ligs om te eet sal voorsien word.
- Kinders moet al selfstandig genoeg wees om net afgelaai te word.
- Tieners/studente gaan help as groepleiers. Ons noem hul Roeiers.
- Ouers kry toegang tot alle Bybelonderrig materiaal wat ons deel.
- Kinders wat ál 5 dae bywoon ontvang ‘n sertifikaat.
- Maats mag selfone saambring, maar ons mag dit opneem tydens aktiwiteite, as dit pla.
- Program en aktiwiteite word in Afrikaans aangebied, maar ons sal ook Engelse liedjies sing en video’s kyk.
Geloofstroom word aangebied onder leiding van Herman de Kock, met ondersteuning van sy vrou Emmie, hul dogters en ander vrywillige studente en jeugwerkers van verskeie gemeentes.
Geloofstroom bedank opreg vir George Vryburgers vir hul borg en toestemming om hul kompleks te gebruik vir hierdie vakansieprogram.
Herman is ‘n gekwalifiseerde leraar en skryf maandeliks vir Juig! tydskrif.
Volg Geloofstroom op Facebook, Instagram of YouTube.