Vakansieprogram

Ons het begrip dat Bybelonderrig nie meer as ‘n skoolvak aangebied word nie en dat besige gelowige ouers oorweldig kan voel om kinders Bybelgeletterd te kry.

Kinders is kosbaar vir die Here en ons hoop hierdie VAKANSIEPROGRAM maak hul lief om die Bybel te lees, Bybelstories te leer en te oefen om teksversies op te soek.

Geloofstroom word aangebied deur Herman, Emmie, Hanna en Emma de Kock, lede van Eden Gemeente.

Herman is ’n gekwalifiseerde leraar en gelegitimeerde prediker. Hy skryf maandeliks artikels vir Juig! tydskrif.

Ons is opgeleide en ervare jeugwerkers van ‘n inter-kerklike nie-winsgewinde bediening wat sedert 2017 ouers en gemeentes bystaan met Bybelonderrig vir jong maats op ‘n pret-en-speel manier.

Ons nooi jong maats uit na ons Julie VAKANSIEPROGRAM in George!

Ons gaan saam sing, speel, kuier en van die Bybel leer.

Voltooi per kind wat gaan bywoon:

Vakansieprogram besprekings is gesluit.

Addisionele Inligting

Jeugprogramme 2017 - 2020

Midstream Selgroep