In hierdie episode van Geloofstroom Apologetiek bespreek Dr Herman die gewilde vraag oor Psalm 91: Is dit ‘n waarborg vir beskerming? Ons delf dieper in die betekenis van hierdie messiaanse psalm en hoe dit op ons lewens van toepassing is. Ons ondersoek die konsep van eisegees en hoe ons ons eie vooroordele kan vermy wanneer ons die Bybel lees.
00:00 Intro
00:08 Die Vraag: Psalm 91 en Beskerming
00:52 Eisegees en Bybellees
01:41 Die Messiaanse Karakter van Psalm 91
02:25 Die Belofte van Glorie
03:08 God se Laaste Sê
Aanbieders: Herman de Kock en Ds Leon Geel. Ds Leon Geel is hoofprediker by Midstream Familiekerk, Gauteng. Stuur jou vrae na info@geloofstroom.org