In hierdie episode van Geloofstroom Apologetiek ondersoek Leon en Dr Herman die diepgaande vraag: Waarom is ons hier? Hulle bespreek hoe ons bestaan uiteindelik daarop gemik is om God te verheerlik en hoe ons deur Jesus Christus weer in God se teenwoordigheid kan staan. Die gesprek sluit ‘n inspirerende verhaal van Jürgen Moltmann in, wat die krag van waardigheid en regverdigheid beklemtoon.
00:00 Intro
00:13 Die belangrike vraag
00:44 God se doel met die mens
01:52 Die verhaal van Jürgen Moltmann
03:19 Regverdigheid deur Christus
04:20 Ons taak as Christene
Aanbieders: Herman de Kock en Ds Leon Geel. Ds Leon Geel is hoofprediker by Midstream Familiekerk, Gauteng. Stuur gerus jou vrae na info@geloofstroom.org