In hierdie episode van Geloofstroom Apologetiek bespreek Leon en Dr Herman die betekenis van die nagmaal. Hulle verduidelik hoe hierdie Christelike seremonie ‘n diep simboliese daad is wat herinner aan Jesus se offer en die gemeenskap van gelowiges versterk. Deur die metafoor van ‘n trou-ring, maak hulle die konsep toeganklik vir almal, selfs diegene wat nie vertroud is met die Bybelse konteks nie.
00:00 Intro
00:18 Verwelkoming
00:37 Vraag oor die nagmaal
01:08 Die trou-ring as metafoor
02:55 Die simboliek van die nagmaal
04:20 Die nagmaal en ons verhouding met God
05:30 Vooruitsig op die Koninkryk
Aanbieders: Herman de Kock en Ds Leon Geel. Ds Leon Geel is hoofprediker by Midstream Familiekerk, Gauteng. Stuur jou vrae na info@geloofstroom.org