Wat dink Dawid van homself – selfbeeld vanuit die Bybel

Selfvertroue is iets waarmee ons almal soms sukkel. Veral so aan die begin van die jaar. Vir kinders, en veral vir die ouderdomme wat die tiener jare betree en deurgaan, is dit ‘n groot en belangrike onderwerp. Geloofstroom se benadering is om deur die leer van die Bybel te demonstreer hoe mens die lewe moet benader. Dr John Barnett het ‘n kragtige stelling eenkeer in ‘n preek gemaak: “The Bible helps us to not only learn from the past, but to know how to live our lives in the present, with our eyes and hope set on the future.” Hierdie benadering kom ook handig te pas wanneer ons tieners en jongmense leer oor hoe hulle hulself sien vanuit die Bybel. In 2021 gaan ons vanuit die lewe van Dawid kyk wat ons kan leer oor belangrike onderwerpe in die lewe van elke tiener, soos selfvertroue, groepsdruk, hoe om boelies te hanteer ensovoorts. Dawid se selfvertroue, byvoorbeeld in 1 Samuel 17 is verstommend. Eers lees ons dat hy nie eers deur sy eie pa en broers waardig geag word om deur Samuel gesalf te word nie (1 Sam 16:11)  en dan, selfs wanneer hy vorder to Saul se wapendraer wissel hy dit af tussen sy skaapwagter status en om kos vir sy broers aan te dra na die front waar hulle die manne is wat veg (1 Sam 16:15 en 1 Sam 16: 16-19). Gaan lees maar net die Psalms en dan sien mens dat menige Psalm van Dawid gesaai is met mense wat sy ondergang wil bewerk. Ten spyte van dit alles het Dawid die selfvertroue om vir Goliat aan te vat en deurgaans ‘n dapper vegter en koning te wees (1 Sam 17, 1 Sam 18:30). Waar kry Dawid sy selfvertroue? Psalms 27:4 en 63:2-9 is maar twee van vele dele wat vir ons die sleutel tot Dawid se selfvertroue gee: hy soek deurgaans na God en oordink God se Woord gedurig. Dit gee nie net vir hom selfvertroue nie, maar bou ook sy selfbeeld. Daarom dat hy in Psalm 139:14 kragtig kan wys hoe sterk sy selfbeeld is.

Kern gedagtes en teks verse:

Gedagte
Vers
Hoe Dawid homself sien was gedryf deur hoe God hom sien, nie hoe mense hom sien nie. Terloops, daar is so baie voorbeelde waar mense nie veel van Dawid dink nie.
Psalm 139:14
Wat Dawid van homself dink kom altyd terug na God se sorg toe.
1 Sam 17:34-37
Dit het altyd vir Dawid gegaan oor die eer van God, nie sy eie aansien en eer voor mense nie.
1 Sam 17:45-47
Dawid se bron van selfvertroue en sy “selfbeeld booster” is tyd saam met God
Psalm 25, 63:2-6, Psalm 27, Psalm 28

Bykomende verse vir Social media posts:

Gedagte
1 Sam 16:7 Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die here kyk nie na dieselfde dinge as die mense nie. Die mens kyk na di euiterlike, maar die Here na die innerlike.”
1 Sam 16:13 Die Gees van die Here het van daardie dag af kragtig in Dawid gewerk.
1 Sam 16:18 Een van die ampetnare antwoord hom: “Ek het ‘n seun van Isai die Betlehemmer hoor speel. Hy is ‘n dapper man en ‘n goeie vegter. Hy kan sy word goed doen en het ‘n goeie voorkoms. Die here is by hom.”
1 Sam 17:26b Wie is hierdie heiden, heirdie Filistyn, nogal da thy die linies van die lewende God verkleineer?
1 Sam 17:37 Die Here, wat my gered het uit die kloue van die leeu en uit die kloue van die beer, Hy sal my red uit die mag van heirdie Filistyn.
1 Sam 17:45 Jy kom na my toe met ‘n dolk en ‘n spies en ‘n sward, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het.
Psalm 8:5 Wat is die mens dat U aan hom dink, die mensdom dat U vir hulle omgee?
Psalm 8:6 U het hom ‘n bietjie minder gemaak as hemelse wesens, en hom gekroon met roe men eer.
Psalm 8:7 U het hom in beheer gestel van alles wat u hande gemaak het. U het vir hom mag gegee oor alle dinge.
Psalm 16:6 ‘n Pragtige plek is vir my afgemeet. Wat ek geërf het is vir my mooi!
Psalm 16:7 Ek prys die Here wat vir my insig gee; ook in die nag is ek daarvan bewus.
Psalm 22:11 Vanaf geboorte is ek van U afhanklik. Vanaf die begin van my lewe was U my God.
Psalm 34:11 Selfs jong leeus ly gebrek en is honger, maar wie op die Here vertrou, kort niks wat goed is nie.
Psalm 37:7 Wees stil in die Here, en wag geduldig op Hom. Moenie die mens beny wat op sy manier floreer, of jou verknies oor sy bose planne nie.
Psalm 62:3 Net Hy (God) is my rots en my redding, my vesting waar ek baie stewig staan.
Psalm 139:13 U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm.
Psalm 139:14 Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed!
Psalm 138:8 Here, U sal u doel my my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie.
Psalm 27:3 Al sou ‘n magtige leër teen my optrek, ek sal nie bang wees nie. Al sou hulle my aanval in ‘n geveg, selfs dan sal ek hoopvol bly.
Psalm 28:7 Die Here is my krag, my beskermer wat ek met my hele hart vertrou. Hy help my en my hart is vol vreugde. Daarom dank ek Hom met my lied.

Verwante Artikels & Video's