Wat is afrigting? - Geloofstroom
21493
page-template-default,page,page-id-21493,qode-social-login-1.0,qode-restaurant-1.0,woocommerce-no-js,ajax_fade,page_not_loaded,,select-theme-ver-4.4.1,wpb-js-composer js-comp-ver-5.4.7,vc_responsive

Wat is afrigting (“coaching”)?

 

Professionele afrigtingsdienste het ontwikkel uit die sportwetenskappe. Die sportwetenskap konsentreer hoofsaaklik op fisiese ontwikkeling, krag en prestasie.

 

Ons is nie almal sportief nie, maar ons almal neem deel aan die wedloop van die lewe. Elkeen van ons kan moeg, lui, gepootjie of onfiks raak. Hebreërs 12:1-3 vergelyk gelowiges juis met atlete wat moet volhard. Paulus herinner ons om ons oë op Jesus te hou en om alles wat ons spoed vertraag, en enige sonde wat ons kan vashou, af te gooi. Dit is soms makliker gesê as gedaan op ons eie.

 

Net soos die resultate van sportafrigting afhang van die program wat jy volg, die hoeveelheid oefening wat gedoen word, en die samewerking van die atleet, hang die sukses van professionele lewensafrigtingsdienste ook af van ‘n proses wat gevolg word en die samewerking van die kliënt. Die sukses van die afrigtingproses hang meestal daarvan af of die kliënt afrigbaar is en of die kliënt daartoe verbind om vorentoe te beweeg.

 

Professionele lewensafrigting is dus ‘n proses tussen minstens twee persone wat ‘n kontrak aangaan om gefokusde en vertroulike gesprekke te hê rakende huidige of toekomstige kwessies.

 

Professionele lewensafrigtingsdienste se oogmerk is om ‘n kliënt se eie potensiaal te ontwikkel om hoofsaaklik sy/haar denkpatrone en emosionele toestand beter te beheer om sodoende die beste moontlike besluite self te kan maak.

 

Aangesien die Bybel ons handboek is, en ons oë op Jesus gerig is, is dit nie vir ons moontlik om lewensafrigting aan te pak, sonder om dit te doen uit ‘n Christelike perspektief nie. Ons verklaar dus met groot dankbaarheid en nederigheid totale afhanklikheid van die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees om hierdie dienste te kan aanbied.

 

‘n Professionele lewensafrigter is ‘n empatiese en nie-veroordelende luisteraar wat dilemmas kan help identifiseer, uitpak, dinkskrum en meestal vrae vra om die kliënt te help om sy/haar volle persoonlike, geestelike of professionele potensiaal te bereik.

 

Professionele lewensafrigting is ‘n ondersteuningsdiens aan gelowiges en het nie ten doel om kliënte afhanklik te maak van ‘n spesifieke mens vir ondersteuning nie, maar om diekliënt op te bou en sterker te maak om self verder vinniger te hardloop in die lewenswedloop – en ook ander te kan bystaan.

 

Dit is nie die taak van die afrigter om die kliënt voor te sê nie, maar om saam opsies te ondersoek en te put uit die kliënt se eie potensiaal om opsies en oplossings te vind. Kliënte bly verantwoordelik vir hul eie besluite en aksies.

 

Met die toestemming van die kliënt, mag professionele lewensafrigtingsdienste aspekte van mentorskap, bestuur en lering bevat. Afrigting is nie terapie, konsultasie of ‘n vaste opleidingskursus nie. ‘n Afrigter help om die kliënt aanspreeklik te hou vir sy/haar eie besluite.

 

Afrigting is ‘n selfregulerende professie en afrigters verbind hul vrywillig aan plaaslike en internasionale etiese reëls en professionele standaarde. Ingevolge internasionale afrigtingsetiek, en voor afrigting begin, gaan ons ‘n kort geskrewe kontrak aan om ons elkeen se verpligtinge in die proses te bevestig en om onsself te verbind tot die proses.

 

Afrigting kan help met beplanning, doelstellings, aksieplanne, ten einde die kliënt sukses vinniger te laat bereik.

 

Waar en wanneer vind afrigtingsessies plaas?

 

Afrigting kan weekliks, twee-weekliks, maandeliks of op ad hoc basis geskeduleer word, afhangend van die kliënt se behoeftes en begroting.

 

Direkte sessies word aangebied in ‘n vertroulike omgewing geleë naby Midstream (naby Centurion) of Moreletapark (Pretoria-Oos), op ooreengekomeplekke, wat die afrigter voorstel.

 

Vir kliënte geleë buite Gauteng, word afrigtingsessies aangebied met behulp van Skype of telefonies, indien die kliënt daarmee gemaklik is. Dit is wel verkieslik dat die eerste 2 uur afrigtingsessie, indien moontlik, ‘n direkte sessie is.

 

Wil jy graag begin met afrigting?

 

1. ‘n Afrigtingsverhouding word gebou op vertroue, en alvorens ons ‘n afrigtingsooreenkoms aangaan, is dit in die afrigter en kliënt se belang om te bepaal of die afrigter gepas is vir die kliënt. As jy belangstel, kan ‘n afrigter jou skakelvir ‘n gratis maksimum 20 minute telefoniese gesprek om jou meer te vertel van afrigting en jou voorlopige behoefte en verwagtinge vir afrigting te ondersoek.

 

2. Afrigting is ‘n proses en ditwerk die beste om tot ‘n paar sessies te verbind. Alhoewel meeste kliënte langtermyn kontak hou, vereis ons standaard afrigtingsooreenkoms dat ons slegs verbind tot minstens 3 sessies. ‘n Sessie is minstens 1 uur lank.

 

3. As jy gemaklik voel om afrigting saam met ‘n afrigter te begin, gebaseer op die inligting op hierdie webwerf, of nadat dit telefonies bespreek is, kan jou afrigter julle eerste sessie skeduleer vir 2 ure lank, om jou afrigtingsplan saam op te stel.

 

4. Om kliënte te help verbind tot die proses moet elke sessie vooruit betaal word, en alvorens die sessie plaasvind. (Net soos meeste gym kontrakte).

 

Kontak of epos info@geloofstroom.org


© 2019 Geloofstroom