Geloofstroom het ontstaan uit die behoefte van twee ouers wat die pad van God leer ken saam met hulle twee dogters wou stap. Deur God se wonderbaarlike skeppingskrag en voorsiening is die De Kock gesin se huis en drie ure een Vrydag aan per maand omskep in ‘n vrolike en besige Bybelleer geleentheid bygewoon deur tot sestig kinders op ‘n slag. God het ‘n bediening gemaak waar ouers hulle kinders kan toevertrou aan ‘n lekker Bybelstudie geleentheid. Maar die bediening het nie daar gestop nie. Die boodskap aan al die ouers is om dit ook te sien as ‘n bedieningsgeleentheid vir hulle huwelik. In ‘n besige lewe kan ouers darem op een Vrydag aand per maand staatmaak om tyd aan mekaar te spandeer, terwyl hulle kinders God leer ken uit Sy Woord.

Geloofstroom is ‘n inter-kerklike, vrolike jeugselgroep wat die kinderkerk, sondagskool en erediens van vele denominasies komplimenteer. Om in meer diepte van die Bybel te leer kan nie anders as om komplimenterend tot enige ander bedieningsvorm te wees nie. Hoekom werk dit so goed? Want kinders word binne ‘n huislike atmosfeer geleer van Bybel. Verder is die fokus om in elke Bybelleer geleentheid soveel as moontlik ontwikkelingsfases en leerstyle te akkommodeer. Of daar na ‘n Youtube storie van Noag gekyk word, ‘n vasvra kompetisie oor die boeke van die Bybel gehou word, Jesus se gelykenisse met kleispeel geleer word of die wapenrusting vanuit Efesiërs verduidelik word, alles is gefokus op die leer en verstaan van die Bybel binne die konteks van kerkwees.

Geen kerk aktiwiteit kan of mag ooit die verantwoordelikheid van ouers wegneem om hulle kinders van God en sy Woord te leer nie. Daarom word elke les se inhoud met die ouers gedeel sodat hulle dit tuis ook verder met hulle kinders kan bespreek.

Verwante Artikels & Video's