Watter bewyse is daar dat Jesus opgestaan het?

Ons is weer in die tyd waar ons nadink oor die offer van Jesus vir ons sondes aan die kruis en sy opstanding uit die dood. Daar is geen twyfel dat jy as volgeling van Christus een of ander tyd gevra sal word watter bewyse daar is dat Jesus uit die dood opgestaan het. Hoe hanteer jy dit? So kom ons kyk gou na feite vir die opstanding van Jesus. Nie net die Christene van die eerste eeu nie, maar ook die Jode en Romeine van die eerste eeu het erken dat die graf leeg was. Meer as 500 mense het Jesus gesien. Sommige het Hom meer as eenkeer gesien en dan het mense in groepe, (soms groepe so groot soos 100 mense) hom gesien. Dit kon net die realiteit wees van Jesus se opstanding uit die dood dat die dissipels se lewens getuig het van groot veranderinge in hoe hulle leef. So ook Paulus se radikale 180 grade omkeer van die vervolging van Christene tot die grootste bydraer tot die geskrifte van die Nuwe Testament. Verder, het al die dissipels en Paulus ‘n martelaars dood gesterf. Hulle was bereid om doodgemaak te word vir die boodskap wat hulle verkondig het oor Jesus en dat Hy uit die dood opgestaan het. Nie een van hulle het dit oorweeg om hulle geloof in Christus af te se nie. En dit het gemaak dat die kerk radikaal vinnig gegroei het in die eerste eeu.

Verwante Artikels & Video's