Wie is die dief in Johannes 10? | Geloofstroom Apologetiek E134

In hierdie episode van Geloofstroom Apologetiek duik Leon en Dr Herman in die gelykenis van Johannes 10 om die vraag te beantwoord: Wie is die dief waarvan Jesus praat? Hulle verduidelik die metaforiese betekenis van die dief en hoe dit nie direk na Satan verwys nie, maar eerder na valse messiasse wat probeer om gelowiges te mislei.

00:00 Intro
00:08 Vrae oor die Christelike geloof
00:41 Wie is die dief in Johannes 10?
01:12 Jesus se metaforiese taal
02:23 Die rol van Satan en valse messiasse
03:05 Verlossing en die ewige lewe

Aanbieders: Herman de Kock en Ds Leon Geel. Ds Leon Geel is hoofprediker by Midstream Familiekerk, Gauteng. Stuur jou vrae na info@geloofstroom.org

Verwante Artikels & Video's