Afrigters - Geloofstroom
21495
page-template-default,page,page-id-21495,qode-social-login-1.0,qode-restaurant-1.0,woocommerce-no-js,ajax_fade,page_not_loaded,,select-theme-ver-4.4.1,wpb-js-composer js-comp-ver-5.4.7,vc_responsive

Afrigters

 

Emmie de Kock is ‘n gekwalifiseerde prokureur met meer as 16 jaar werksondervinding, met spesialisasie in intellektuelegoederereg en kommersiëlereg sake. Sy het gekwalifiseer as prokureur en gewerk vir 4 jaar in ‘n groot regsfirma in Centurion, daarna vir 1 jaar in ‘n klein regsfirma in Johannesburg, en daarna haar eie regspraktyk begin in Centurion. Haar regspraktyk (onder die naam De Kock Prokureurs) het gegroei en was suksesvol en sy het dit na 11 jaar aan ‘n groter firma in Pretoria verkoop. In die loop van en tydens die groei van haar regsfirma het sy kandidaat-prokureurs, gekwalifiseerde prokureurs en kollegas opgelei, afgerig en gementor.

 

Na die suksesvolle verkoop van haar regsfirma in 2016, het sy Besigheidsafrigting bestudeer en prakties geleer en gekwalifiseer as ‘n SA Besigheidsafrigter. Sy het besluit om haar besigheidsafrigtingsdienste te fokus op alle lede van die regsprofessie, entrepreneurs en eienaars van SME besighede. Sy bied steeds hierdie dienste aan onder www.lawyerfirst.co.za en www.emmiedekock.co.za. Sy is ook ‘n skrywer van verskeie gepubliseerde artikels in Your Business Magazine en De Rebus rakende regsvereistes vir besighede, praktyksbestuur vir regspraktisyns en aspekte van besigheidsafrigting.

 

Voordat sy haar eie regsfirma begin het, is sy met Herman de Kock getroud. Hulle het kort daarna met ‘n gesin begin. Hulle het twee pragtige tienerdogters en woon in Midstream, Gauteng. Emmie is ‘n werkende ma en tuisteskepper en verstaan goed die uitdagings om balans tussen werk en gesin te handhaaf. Herman en Emmie is betrokke by KSM Midstream se kinderbediening. Die De Kock gesin het ook in 2017 hul eie inter-kerklike jeugbediening begin onder die naam Geloofstroom. Sy befonds en administreer ook die Geloofstroom Facebook bladsy met bykans 3000 volgelinge.

 

In 2019, het Emmie verder haar Sertifikaat verwerf in Lewensafrigting en NLP deur School of Life (Centurion). Emmie het as kind tot bekering gekom en was voortdurend bewus as tiener en jong volwasssene van Jesus as ‘n keuse. Alhoewel regsdienste en besigheidsafrigting godsdiens (geloof) neutraal aangebied kan word, vind Emmie dat lewensafrigting, om effektief te wees, nie neutraal aangebied kan word so ver dit godsdiens (geloof in God) betref nie. Ons geestelike lewe is integraal tot ons emosionele welstand, denkwyse, keuses en leefwyses. Dit is daarom vir haar ‘n voorreg om lewensafrigting aan te bied uit ‘n Christelike perspektief.

 

Soos die meeste gelowiges het Emmie ook al die lief en leed van die lewe ervaar. Ook tye van groot beproewing, spanning, uitbranding, versoekings en twyfel. Vandag kyk sy, deur die genade van God terug, met dankbaarheid en oorwinning oor al haar ervaringe en leringe. Sy is ook opgewonde oor die toekoms oor wat God haar aanhou leer en wys uit Sy Woord. Dit is haar passie en voorreg om ander gelowiges by testaan met afrigtingsdienste en aan te moedig om met vreugde hul beste lewens vir God te lewe.


© 2019 Geloofstroom